I Found This Report of a Simply Slim User on the Beeld Website
Alrike 1/25/2010 9:55:57 AM
Ek is 31 jaar oud en het vir 5 jaar met gewigsverlies gesukkel na my dogtertjie se geboorte. Ek kon net eenvoudig nie van die oortolige gewig ontslae raak nie. Ek het geen gesondheidsprobleme nie en is nie allergies vir enige medikasie nie.
Ek het 10 van die 18 kilo’s wat ek opgetel het verloor en kon nie ‘n gram verder kom nie. Ek het eenvoudig als probeer.
Niks het gewerk nie. Teen Augustus verlede jaar het ek finaal besluit om van die gewig ontslae te raak. Met die regte “mind-set” en het ek 4kg verloor. Wat ‘n plesier!! Maar, na dit wou niks verder meer werk nie. So in 2 maande kon ek 4kg afskud, plus ‘n paar sentimeters, maar wat nou?
Ek het “gehoor” van “Simply Slim” maar was baie pessimisties om dit te gebruik omdat niks van te vore wou werk nie. Ek is na ‘n verspreider toe en het gaan navrae doen. Daar is vir my gesê moet dit nie na 9 uur in die oggend drink nie, jy MOET 3 liter water drink omdat die pil slegs reageer met genoeg water inname (nie tee en koffie en koeldrank nie, net skoon water), jy moet in die oggend ‘n vessel ryke ontbyt eet en stysels na 2nm uitskakel, en ek moet ‘n bietjie gaan stap oor die naweek vir oefening en vetterige kosse uitskakel. DIS AL! Daar is geen newe-effekte bespreek nie, behalwe die moontelike slapeloosheid as ek die pil te laat drink.
Ek kon nie wag vir die 7de Jan, wanneer my week sou begin waar ek nie die pil hoef te drink nie. Ek het in die 6 weke NET 2kg verloor en nog ‘n paar sentimeters, UITERS teleurstellend, maar teen watter koste, behalwe natuurlik dat dit jou ‘n fortuin kos vir die pille?
Die pamflet wat uitgegee word saam met die pille is glad nie verduidelikend van wat jy mag en nie mag nie en al die newe-effekte wat ek ervaar het word duidelik gestipuleer dat dit nie sal gebeur nie en as dit gebeur sal dit vir die eerste paar dae wees, baie word nie eens genoem nie.
My lys van newe-effekte is as volg: -
- Totale slapeloosheid in die nag. As ek ‘n uur of 2 slaap ‘n nag is dit BAIE wanneer jy wel slaap is dit baie lig. Die pil hou jou totaal wakker, maak nie saak hoe vroeg in die oggend jy dit drink nie. Ek het 3 keer ‘n slaappil moes drink net dat ek bietjie rus kon kry; -
- Hardlywigheid en ongemak. Jy voel soos ‘n brulpadda agv genoemde newe-effek; -
- Moegheid. Ek is dood, dood, dood moeg in die dag, die hele dag en omdat ek nie meer my 8 – 10 ure slaap inkry nie vererger die hele moegheid probleem.
- Simply Slim beweer dat dit jou energievlakke verhoog, dis die grootste onsin; -
- Bewerasies. Ek bewe partymaal so erg dat ek nie my dade of denke kan beheer nie; -
- Wisselende gemoedstoestand. Ek voel partymaal soos ‘n tiener met PMS.
- Die een oomblik is als “hunky-dory” en 5 minute later wil jy als verskreeu of op ‘n hoop sit en huil; -
- Duisligheid. Dit maak nie saak hoe gereeld ek eet nie, ek bly duislig. Ek eet 3 maaltye per dag plus 2 gesonde versnapperings tussenin (soos ek nog altyd doen) en ek bly duislig. Ek kan die paar dae op my een hand tel dat ek nie duislig of bewerig was nie; -
- Kriewelrigheid en lusteloos. Dit voel partymaal kompleet of ‘n klomp miere onder jou vel en selfs op jou kop rond hardloop, dis aaklikg. Ek is ook baie lusteloos; -
- Versnelde hartklop of hart stilstand. Dit voel letterlik of jou hart skielik met jou wil weghol sonder enige rede. My hartklop / pols is gemiddeld tussen 78 en 86 slae per minuut. Dit het al gebeur dat in ‘n kwessie van 5 sekondes my hart tot 12 keer klop, en jy kan dit tel want dit voel op jou hart buite jou lyf klop. Dan kry jy weer ‘n geval dit jou hart vir ‘n paar sekondes totaal ophou klop, dis ‘n baie onaangename gevoel en dit maak dat jy uitasem raak; -
- Naarheid. Ek was vir ten minste die eerste 2 weke heeltyd naar. Ek was nie naar tydens my swangerskap nie. Ek moes tot 3 keer ‘n dag naarheidstablette vat sodat dit wat ek eet en drink kan binne bly. Ek het hierdie week weer naarheid ondervind; -
- Geen eetlus (Dit klink wonderlik, glo my dit is nie!). Ek het ‘n hele paar dae ervaar waar ek geen eetlus gehad het nie, niks, wou nie kos sien nie, maar ek moes iets afwurg, anders gaan jou liggaam in “starvation-mode” in; -
- Droë mond en permanente dorsheid. Ek kan maar 3 liter water drink, ek kan 6 liter ook drink, ek bly permanent dors en my mond bly heeltyd droog en niks help daarvoor nie; – Badkamer roetine omver gegooi. Ek moes voor ek die pil begin drink het selde in die nag opstaan om badkamer toe te gaan. Ek staan nou gemiddeld 3-4 keer ‘n nag op. -
- Geen asem. Dit voel of iemand jou keel toedruk as jy probeer asem haal. – Tas spraak aan. Dit voel of jou stembande nie weet wat hulle moet doen nie.
- Jy klink kompleet soos ‘n dronkie met vertraagde en onduidelike spraak.
Ek raai mense regtig af om die produk te gebruik, dis glad nie gesond nie en mors net jou liggaam op. Verander liewer jou leefstyl, dis wat ek nou gaan doen

Elsie must be the drugs making you feel so lekke, rolling around on the floor. Ok now what? After let’s say a week or 2 that’s when the actual DETOX thing is going on, what then? When all your bullshit is out of your body, sole and mind. What are you going to roll around about? O sorry I forgot the fat that is coming back and your pills, o your pills. Where at thou? And that is a problem, because it seems like you were on your butt all day reading my response. Good luck getting your pills illegal. This is a help you web-site not a LOL. I will not laugh at you when you havea medical prob. because of this product. Good luck
Ok, i have spend some time reading through all these posts. And i must admit i am rolling on the floor laughing. I mean really, did people really think this “MAGICAL” pill will work wonders if you sit on your butt all day and do nothing? Some of these women did not loose enough weight according to them? Nonsense!! I have used these tablets, and my weight loss was absolutely worth it! I must admit, that i did make a point of eating 3 meals, drank enough water and went to gym every day. Yes i had way more energy and felt that i slept less. What’s the problem with that? All weight loss tablets have side effects ! Wake up man !! I never had any heart palpitations or anything like that. Oh and to those who had headaches, dizzyness and moodswings. Hello people! That happens when u detox! Sigh. Seriously, i think that this is a load of bullshit. I used these tablets correctly, and have only had positive results. So i really hope that it will be brought back, for those of us who are responsible enough to use it according to the usage directions as prescribed. One other thing, all medicine have side effects!! Does no one ever read the pamphlets? ALL I CAN SAY IS WAKE UP PEOPLE!!
Wonder if you were rolling on the floor when you read about those people that had to be hospitalized. Were you laughing when i reported that i had to be rushed to the doctor as we though i was getting a heart attach. I suppose you missed the point that simply slim was found to contain sibutramine an illegal substance and lied to he public. You are a sick human being that have no respect for live. Not a laughing matter. YOU NEED TO WAKE UP