Antoinette Pienaar
Die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) het vandeesweek gevra dat sy lede geen advertensies van die verslankingsproduk Simply Slim plaas waarin beweer word die produk werk sonder ’n dieet en oefening nie.
ASA het in ’n brief aan lede gesê hy het ’n klag van die publiek oor ’n advertensie op Simply Slim se webwerf ontvang.
Die advertensie het onder meer gelui: “Het ek nodig om te oefen of op ’n duur dieet te gaan?” en “Nee, glad nie. Ons is die enigste maatskappy in die wêreld wat nie ’n gepaardgaande dieet of oefenprogram vereis nie.”
Hy het vergeefs alle redelike stappe gedoen om reaksie by Simply Slim te kry, het ASA gesê. Sy standaarde vereis dat bemarkers van ongeregistreerde verslankingsmiddels meld dat hul produk net werk saam met ’n kilojoule-beheerde dieet.
ASA het gevra dat sy lede net advertensies aanvaar waarin Simply Slim dit duidelik stel dat sy produk net saam met ’n dieet werk.
