Nog Simply Slim Kapsules Positief Getoets vir Sibutramien [BURGER]

Nog kapsules positief getoets vir sibutramien

Antoinette Pienaar

Pretoria

Die Simply Slim-tablette wat ’n jong vrou van Midrand geneem het kort voordat sy vyf dae lank met hartsimptome in ’n hospitaal opgeneem is, bevat ook sibutramien.

DieBurgerhet die kapsules wat me. Lizette Roelofse (20) vroeg in Januarie by ’n Simply Slim-agent gekoop het gister by Pharmaworx in Midrand laat ontleed.

Die laboratorium het laat weet die uitslag is positief vir sibutramien, die aktiewe bestanddeel in voorskrifverslankingsmedisyne soos Reductil, Ciplatrim en Ectiva.

Intussen het ’n Kaapse patoloog ook beweer hy het in November met die nuutste laboratoriumtegnologie minstens 27 mg sibutramien gekry in Simply Slim-tablette wat hy by ’n Kaapse Simply Slim-agent gekoop het.

Hy kon nie meer besonderhede bekend maak sonder die toestemming van die akademiese en staatsinstellings waaraan hy verbonde is nie.

Sibutramien is onwettig in middels wat nie by die Medisynebeheerraad (MBR) geregistreer is nie.

Die Europese Medisyne-agentskap het verlede week aanbeveel dat sibutramien in Europa selfs in voorskrifmedisyne verbied word weens die kardiovaskulêre newe-effekte, soos hartkloppens en verhoogde bloeddruk, wat dit kan veroorsaak.

“Dit is skokkend. Ek het verwag daar is iets in, want daar is niks anders wat my so skielik kon affekteer nie,” het Roelofse gister gesê.

Sy het gesê sy is gesond, het gereeld aan sport deelgeneem en die kapsules glo vir ekstra energie geneem.

Enkele dae later het haar hartklop glo tot bo 140 gestyg. Sy was vyf dae in die Life Fourways-hospitaal onder die sorg van dr. Andrew Sarkin, ’n kardioloog.

Sarkin het aan Die Burger gesê hy het minstens nog drie mense met hartsimptome gespreek wat ook beweer het hulle het Simply Slim gebruik.

Me. Ronel Fouché, die Simply Slim-agent by wie Roelofse haar boksie gekoop het, het aan Die Burger gesê sy kry al haar voorraad direk van Simply Slim se hoofkantoor. Roelofse het gesê sy gaan regsadvies inwin.

- Die Burger


6 Responses to “Nog Simply Slim Kapsules Positief Getoets vir Sibutramien [BURGER]”

  • Ronel:

    Hi Johan, een van Nu-slim se nuwe agente bemark hul nuwe produk as volg: (die opleier vertel die agente heel eerste dat Nu slim en simply slim niks met mekaar te doen het nie en dat dit ‘n baie beter produk as simply slim is. Verder maak hulle Simply slim so sleg en die “opleier” laat na om vir die “agente” wat 5 bokse kry om te verkoop die waarheid te vertel dat een en dieselfde Marius Venter agter nu slim ook sit. Volgens die agent was die nu-slim vir jare lank nagevors en dat daar geen verbode produkte in is nie. Toe die agent Simply slim so slegmaak het ek dadelik op die internet my eie “navorsing” gedoen en toe op jou website afgekom en so opgetel dat Marius Venter ook “sole owner” van nu-slim is. Dankie tog vir die internet!

  • Lisa:

    I know this girl personaly and know that she has been using this supplement in overdose for many years she simply drinks it whenever she needs an upper and also to keep her weight under control which over a couple of years have certainly worked.No wonder she started to have complications eventually cause she is abusing this substance!

  • Intrigued:

    I am neither for nor against Simply Slim at this stage, however I find it rather curious that a 20 year old would be on SS as an energy supplement???? This was never intended to used for these purposes. Since when was ANY diet pill an energy supplement? If she was using SS for this purpose what other pills was she taking out of context of it’s original intended purpose. Perhaps the Sibutramien found in her system is from something else!

  • Fab:

    @Johan I understand but if there is truth to these claims of near death experiences surely it would be treated as a state of emergency. The medical board and all the other organisations should know that hundreds of people are starting on the SS journey and many more to join and therefore should make a statement ASAP wrt the action?

    @Fab Yes it was treated as an emergency but only lately it was discovered that simply slim contains SIBUTRAMIEN. It won’t be long now. Seems people have to die first before a serious is taken at the problem. God forbid that will happen first (it did happen in Italy and EU)

Leave a Reply

Simply Slim Pics

simply-slim-3 simply-slim-4 simply-slim-2
Categories